Maak seker dat u program toegemaak is.
Laai die opdatering af en stoor dit op u ‘desktop’. Dubbel-kliek daarop en die lêer sal op die regte plek gestoor word.
U sal nou ‘n opsie ‘Verander’ hê op u werkblad. Kies BTW Periode en gee die nodige sleutelwoord. Hierna sal u die BTW Periode kan verander. Hierdie opsie is net geldig totdat u die werkblad verlaat. Indien u die Periode later weer wil verander, sal u eers die sleutelwoord weer moet verskaf.
Groot dankie dit het gewerk!!!!
Dit het glad nie op my desktop ge”save” nie, ek het net van die begin af ge”run”, so ek neem aan dan het hy outomaties gaan save waar hy moes.
So ek hoef nie dit in die toekoms weer te doen nie? Dit sal nou daar bly al laai ek die program om ‘n ander rekenaar?
Elmarie
Nee, die update sal eers in die volgende (einde van Nov 2008) volledige installasie verskyn. Jy sal die file op die laptop ook moet ‘run’.