Die eerste weergawe van die GlobalGAP register is nou hier beskikbaar. Met hierdie weergawe kan u nog net u Spuitstowwe invoer. Die druk-opsies is nog nie beskikbaar nie.
Terugvoer is baie welkom, asb.
1. Laai die GlobalGAP opdatering hieronder af en dubbel-kliek daarop om die opdatering te doen.
2. Laai ook die nuutste Blanko en Data lêer af en dubbel-kliek daarop om die opdatering te doen.
3. Al u spuitstowwe (gif) MOET as voorraaditems geskep word. Let daarop dat die laaste gewel (tab) die ekstra Gif inligting bevat.
4. U mense moet ind ie Personeelregister opgestel word. Al is dit net die naam en van en ID sodat ‘n nommer aan elkeen toegeken kan word. Sit ten minste die opdraggewer en operateurs op, want hulle moet van die lys gekies word.
5. U spuitvoertuie moet by die BateRegister geskep word. Weer eens, skep net kode en beskrywing sodat die lys van Masjinerie gebruik kan word.
6. Kyk veral by die Opstel menu by die GlobalGAP register om die Toedieningsmetodes en Redes vir Toeding te skep, want daar is ook lys-opsies waarvan u dan net kan kies.
7. U sal ook sien daar is inligting wat ingevul moet word NADAT die spuit afgehandel is. Moenie vergeet om dit ook in te vul nie.