Login



  • Events are coming soon, stay tuned!
Polls

How Is My Site?

View Results

Loading ... Loading ...

U kan nou op elke kooperasierekening bepaal of u die betalingsbedrag wil ignoreer wanneer u die staat intrek.

Opstelling

Gaan na Opstel en Kooprekeninge. Maak seker dat die “Ignoreer Betaling” aangeskakel is (’tick in het”) EN dat u ook die Betalings identikikasie invul. Dit is die eerste deel van die dokumentnommer wat aandui dat die transaksie die betaling verteenwoordig. Dit is gewoonlik (”99/ACV”, maar ek het gemerk dat dit by sommige rekeninge “BI/AAC’  is. U kan self aandui wat dit is. Indien u nie regkom nie, skakel ons gerus en ons sal u daarmee help. Die bedrag sal nou nul gemaak word EN in die Bestelnommer-kolom geplaas word indien u dit ooit nodig het.

Hoekom wil ek dit gebruik?
Wanneer u ook u bankstate intrek, sal daar ‘n betaling na die koop verskyn. Wanneer u die kooperasiestaat intrek, dan kom die betaling weer voor. Dit kan nou veroorsaak dat die bedrag 2 keer in berekening gebring word op u grootboek verslag. Met hierdie opsie kan u dit uitskakel. U kon ook elke keer die koop-betaling verwyder het. Dit het beteken u moet elke keer onthou om dit te doen. Ons maak dit nou makliker om dit op te stel en te vergeet daarvan.

Laai die nuutste Koopmodule EN data en blanko lêer by ddie Downloads afdeling af (moet 26/3/2009 en later wees!).

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.