Die bankstate module het ‘n opsie onder Vertoon waar u die Geskiednis van die transaksies wat u ingetrek het, kan sien en uitdruk.
Die nuutste module is nou op die Downloads blad beskikbaar (13 Mei 2009 en later). Dit sluit ook die nuutste helplĂȘer in.

U kan nou u eie data op hierdie skerm invul om sodoende ‘n lys van u werklike bankstaatsaldo elektronies te kan stoor. U hoef dus nie weer na die oorspronklike staat te gaan kyk wat u saldo vir ‘n spesifieke maand was nie.

Hierdie register word opgedateer wanneer u die staat na u werkblad pos. Onthou om seker te maak dat die StaatNommer korrek is voordat u die data pos. Ons stel voor dat u die formaat jjjjmm gebruik, bv. 200904 sal April 2009 verteenwoordig. Hierdie nommer word op u werkblad in die StaatNo kolom gestoor vir elke transaksie wat die betrokke staat uitmaak. Let Wel dat on self die “B” vir banke vooraan die staatnommer sit wanneer u die data pos. Dit is net om verwarring met ander modules wat dieselfde metode gebruik (Kooperasiestate en Rente) uit te skakel.

U kan ook enige tyd ‘n staat op u werkblad verwyder deur na die verwyder menuopsie te gaan. Vul dan die volledige staatnommer (met die B vooraan) in. U kan nou weer die bankstaat intrek, koppelings maak en die data pos na die werkblad.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Search Site
Archives