Die opdatering van 02 Junie 2009 laat u toe om lyne te verwyder VOORDAT u die data pos na die werkblad.
Sommige bankrekeninge laat u nie toe om die datums te kies vir die huidige maand nie. Dit gee in elk geval al die data vir die maand. Met hierdie opdatering kan u dan weer die staat intrek en die data wat ‘gedupliseer’ gaan word, selekteer en Delete. Die seleksie laat u toe om ‘n reeks data te kies deur die shift of ctrl sleutels te gebruik.
Ons stoor u skermuitleg wanneer u die module verlaat. Ongelukkig moet u hierdie lêer verwyder sodat ‘n nuwe een geskep kan word anders gaan die Delete opsie nie werk nie. Gaan na waar die program ge-installeer is (gewoonlik c:\program files\lpf systems\agribusiness) en verwyder die lêer “bankstatements.grd” VOORDAT u die nuwe Bankstate-module gebruik.