Archive for the ‘Bank statements’ Category
We have added CSV file support for the ABSA Business account. Download the latest version and install by running the file.
Die opdatering van 02 Junie 2009 laat u toe om lyne te verwyder VOORDAT u die data pos na die werkblad.
Sommige bankrekeninge laat u nie toe om die datums te kies vir die huidige maand nie. Dit gee in elk geval al die data vir die maand. Met hierdie opdatering kan u dan weer die staat intrek en die data wat ‘gedupliseer’ gaan word, selekteer en Delete. Die seleksie laat u toe om ‘n reeks data te kies deur die shift of ctrl sleutels te gebruik.
Ons stoor u skermuitleg wanneer u die module verlaat. Ongelukkig moet u hierdie lêer verwyder sodat ‘n nuwe een geskep kan word anders gaan die Delete opsie nie werk nie. Gaan na waar die program ge-installeer is (gewoonlik c:\program files\lpf systems\agribusiness) en verwyder die lêer “bankstatements.grd” VOORDAT u die nuwe Bankstate-module gebruik.
Die bankstate module het ‘n opsie onder Vertoon waar u die Geskiednis van die transaksies wat u ingetrek het, kan sien en uitdruk.
Die nuutste module is nou op die Downloads blad beskikbaar (13 Mei 2009 en later). Dit sluit ook die nuutste helplêer in. Read the rest of this entry »
Die Microsoft Money weergawe het die eerste 3 letters van die beskrywing weggegooi.
Dis nou reggemaak. U kan die nuutste opdatering by die Downloads skerm aflaai.
F1 werk nou by die intrek van die bankstate. Let daarop dat dit nou die ‘nuwe’ lêer gebruik. Die nuwe naam is bankstate.chm en nie meer 25.Bankstate.chm nie. U kan die nuwe hulplêer onder ‘Documents’ aftrek.
Laai die opdatering hieronder af an dubbel-kliek dan daarop om die opdatering te doen.
U kan die opgedateerde hulplêer by die Documents menu-opsie vind.
Die nuutste weergawe van die Bankstate-module laat u nou toe om die Microsoft Money formaat (.ofc) gebruik. Die voordeel van hierdie formaat is dat u bankrekeningnommer in die lêer verskyn. Ons kan dan seker maak dat u nie per ongeluk die verkeerde staat se info na die verkeerde rekening intrek nie. Die nadeel is egter dat die staat se openingsaldo nie verskaf word nie. Ons kry dit deur na die vorige staat se eindsaldo te kyk (dit is dus belangrik dat u nou vooraf aandui wat die staatnommer is). Indien die vorige staatnommer nie gevind kan word nie, sal u gevra word om die Openingsaldo in te sleutel.
Trek die lêer hieronder af en dubbel-kliek daarop om die opdatering te doen. Indien u vinniger lyne het, kan u sommer die opdatering direk van die Internet doen deur die ‘Run’ opsie te gebruik.