Login



  • Events are coming soon, stay tuned!
Polls

How Is My Site?

View Results

Loading ... Loading ...

Archive for the ‘Processing’ Category

U kan nou op elke kooperasierekening bepaal of u die betalingsbedrag wil ignoreer wanneer u die staat intrek.

Opstelling Read the rest of this entry »

Die Herroep van ‘n staat het verkeerde data verwyder! Indien u NIE ‘n staatnommer gespesifiseer het nie, sou dit al die transaksies op die werkblad wat NIE ‘n staatnommer het nie, verwyder het. Dit kon katestrofies gewees het as u nie rugsteun van u data het nie.

Die program is aangepas dat u nie die herroep opsie kan gebruik indien u nie ‘n staatnommer ingesleutel het nie. Laai die nuutste bateregister module by die Downloads afdeling af en dubbel-kliek op die lêer om die program aan te pas.

Dank aan Sumarna van Robyn/Rooihoogte in Citrusdal wat ons daarop gewys het.

Die Microsoft Money weergawe het die eerste 3 letters van die beskrywing weggegooi.

Dis nou reggemaak. U kan die nuutste opdatering by die Downloads skerm aflaai.

Nuutste Opdatering (20 Jan 2009)

U kan nou al u vorige BTW Periodes met een opsie verander en ‘n geskikte periode toe te ken.

U hoef NIE lynnommers te gebruik om te onthou watter transaksies val in watter BTW Periode nie!

Die BTW Verslag kyk na alle transaksies wat nog nie ‘n BTW Periode aanduider het nie asook tot by die datum wat u gespesifiseer het en sit dit dan op die ‘uitstaande’ BTW verslag. Die idee is dat u die BTW periode afsluit nadat u tevrede is met die BTW verslag. Al die transaksies wat nie ‘n periode het nie en tot by die datum wat u gespesifiseer het, sal dan die periode wat u ingevul het, kry. Dit maak dit baie maklik om later weer die transaksies vir ‘n spesifieke BTW periode te druk. Gebruik die yyyymm-formaat om die periode te spesifiseer, bv. 200810 vir einde Oktober 2008.

‘n Foutjie het ingesluip met die Pos van die MKB kooperasiestate. Nadat ons die opsie bygesit het waardeur u die Beskrywings van die items gekoop in klein letters kan verander, het die beskrywing 2 keer ingekom en die kolomme een opgeskuif. U sal sommer dadelik sien die Hvh kolom het nou die beskrywing in.

Hierdie probleem is opgespoor deur Esme by Louw, Cronje Ingelyf op Porterville. Baie dankie daarvoor.

Die regstelling is nou beskikbaar by die “Downloads” seksie of u kan dit sommer hier kry: kooperasiestate

Lys van die jongste dokumentkodes.

Read the rest of this entry »

Die jongste lys van die Kaap Agri groepkodes volg hieronder. Verseker dat u lys hiermee ooreenstem. let veral op van nommer 27 en verder dat die korrekte beskrywing by die nommers is, want sommige lyste was verkeerd. KaapAgri-groepe

Die kooperasie gebruik groepskodes om die transaksie te kategoriseer. Elke groep kan nou aan ‘n finansiële rekening (en sentrum en toewysing) gekoppel word sodat die transaksies sommer outomaties na daardie rekening ge-allokeer kan word. Dit doen u deur na Opstel, Kaap agri, Groepe te gaan en die groepe te koppel. Read the rest of this entry »

Die volgende velde is nou by spuitstowwe bygesit:
1. Hvh tipe – dit is nie meer dieselfde as die voorraaditems sin nie
2. Hektare wat bespuit gaan word
3. Kultivar – onthou om Produlte op te stel en dan die Kultivar aan die Produk te koppel.

Die opdatering van die verslae volg later.

Global GAP W4

Opdateer met die weergawe hieronder.

Read the rest of this entry »