Archive for the ‘Program Updates’ Category
U kan nou op elke kooperasierekening bepaal of u die betalingsbedrag wil ignoreer wanneer u die staat intrek.
Opstelling Read the rest of this entry »
Die Herroep van ‘n staat het verkeerde data verwyder! Indien u NIE ‘n staatnommer gespesifiseer het nie, sou dit al die transaksies op die werkblad wat NIE ‘n staatnommer het nie, verwyder het. Dit kon katestrofies gewees het as u nie rugsteun van u data het nie.
Die program is aangepas dat u nie die herroep opsie kan gebruik indien u nie ‘n staatnommer ingesleutel het nie. Laai die nuutste bateregister module by die Downloads afdeling af en dubbel-kliek op die lêer om die program aan te pas.
Dank aan Sumarna van Robyn/Rooihoogte in Citrusdal wat ons daarop gewys het.
Die Microsoft Money weergawe het die eerste 3 letters van die beskrywing weggegooi.
Dis nou reggemaak. U kan die nuutste opdatering by die Downloads skerm aflaai.
Die nie-wizard opsie het ook nou die opsie om die Openingsaldos by die druk van die verslae, te kan uitsluit.
Indien u die Openingsaldos uitsluit, kry u net die bewegings vir die tydperk gespesifiseer.
Indien u die tickie afhaal, sal die Opningsaldos ingesluit wees by die totale. Nou sal u Balansstaat items die ‘regte’ saldo wys, bv. die bank sal die korrekte saldo soos op die datum gespesifeer, wys (en nie net die bewegings vir die tydperk nie!).
Installeer die nuutste Verslae module onder die Downloads menu-opsie.
Nuutste Opdatering (20 Jan 2009)
U kan nou al u vorige BTW Periodes met een opsie verander en ‘n geskikte periode toe te ken.
U hoef NIE lynnommers te gebruik om te onthou watter transaksies val in watter BTW Periode nie!
Die BTW Verslag kyk na alle transaksies wat nog nie ‘n BTW Periode aanduider het nie asook tot by die datum wat u gespesifiseer het en sit dit dan op die ‘uitstaande’ BTW verslag. Die idee is dat u die BTW periode afsluit nadat u tevrede is met die BTW verslag. Al die transaksies wat nie ‘n periode het nie en tot by die datum wat u gespesifiseer het, sal dan die periode wat u ingevul het, kry. Dit maak dit baie maklik om later weer die transaksies vir ‘n spesifieke BTW periode te druk. Gebruik die yyyymm-formaat om die periode te spesifiseer, bv. 200810 vir einde Oktober 2008.
‘n Foutjie het ingesluip met die Pos van die MKB kooperasiestate. Nadat ons die opsie bygesit het waardeur u die Beskrywings van die items gekoop in klein letters kan verander, het die beskrywing 2 keer ingekom en die kolomme een opgeskuif. U sal sommer dadelik sien die Hvh kolom het nou die beskrywing in.
Hierdie probleem is opgespoor deur Esme by Louw, Cronje Ingelyf op Porterville. Baie dankie daarvoor.
Die regstelling is nou beskikbaar by die “Downloads” seksie of u kan dit sommer hier kry: kooperasiestate
Die allokering van die finansiële periodes vir die Debiteureregister het nie reggewerk indien u die laaste dag van die maand gekies het nie. Enigiets vanaf die 29ste sou ‘n probleem gegee het. Dit is nou met hierdie opdatering reggestel.
Laai die opdatering hier af: Debiteure Opdatering
Die laaste opdatering vir 2008 is nou onder Downloads beskikbaar. Dit sluit alle opdaterings tot 30 Des 2008 in.
Die kooperasie gebruik groepskodes om die transaksie te kategoriseer. Elke groep kan nou aan ‘n finansiële rekening (en sentrum en toewysing) gekoppel word sodat die transaksies sommer outomaties na daardie rekening ge-allokeer kan word. Dit doen u deur na Opstel, Kaap agri, Groepe te gaan en die groepe te koppel. Read the rest of this entry »
Die volgende velde is nou by spuitstowwe bygesit:
1. Hvh tipe – dit is nie meer dieselfde as die voorraaditems sin nie
2. Hektare wat bespuit gaan word
3. Kultivar – onthou om Produlte op te stel en dan die Kultivar aan die Produk te koppel.
Die opdatering van die verslae volg later.