FAQ
-
Wat is Automation Error 429, 430 of 440.
Die program maak gebruik van 'n hele paar modules. 'n Module is 'n deel van die groter program, maar dit staan op sy eie, bv die Kliente module, Verslae module, ens. Hierdie modules word apart deur die operasiestelsel (Windows) geregistreer sodat die module gevind kan word wanneer dit benodig word. Soms is die registrasie onduidelik vir Windows en kan dan nie die lêer kry nie. 'n Fout 429, 430 of 440 word dan gegenereer.
U kan dit regmaak deur die lêers reglpfab.bat en reglpfcontrols.bat in die gids waar u program is, uit te voer ('run'). (Gaan na My Computer, c-drive, program files, lpf systems, agribusiness).
Of kontak u handelaar om u by te staan.
-
My kliente se saldolys en my grootboekkontrolerekening stem nie ooreen nie. Hoe kry ek my fout?
1. Toets eers of al die werkblad-kliente nog in die klienteregister voorkom. Gaan na die werkblad en dan na die menu Algemeen, Toets en Kliente. U sal nou 'n lys kry van kliente wat op die werkblad is maar nie meer in die register voorkom nie. Stel ondersoek in hoekom die klient van die register verwyder is.
2. Kyk of die Openingsaldos nog korrek is. Druk 'n Openingsaldo verslag en kyk of dit nog balanseer.
3. Op die werkblad, filter die DT Rekening vir die kontrolerekening en Sorteer Dt Register van klein na groot. Verseker dat AL die lyne 'n klientkode in het. Doen dieselfde vir die KT Rekening en KT Register.
4. Filter op die bedrag wat die verskil opmaak. Partykeer kan u die fout daardeur opspoor.
Post your questions here and we will post the answer on this page.
1 - Notification of when your question has been answered. (Optional)