Posts Tagged ‘ABSA’

Die nuutste weergawe van die Bankstate-module laat u nou toe om die Microsoft Money formaat (.ofc)  gebruik. Die voordeel van hierdie formaat is dat u bankrekeningnommer in die lêer verskyn. Ons kan dan seker maak dat u nie per ongeluk die verkeerde staat se info na die verkeerde rekening intrek nie. Die nadeel is egter dat die staat se openingsaldo nie verskaf word nie. Ons kry dit deur na die vorige staat se eindsaldo te kyk (dit is dus belangrik dat u nou vooraf aandui wat die staatnommer is). Indien die vorige staatnommer nie gevind kan word nie, sal u gevra word om die Openingsaldo in te sleutel.

Trek die lêer hieronder af en dubbel-kliek daarop om die opdatering te doen. Indien u vinniger lyne het, kan u sommer die opdatering direk van die Internet doen deur die ‘Run’ opsie te gebruik.

Bankstate – Microsoft Money

Search Site
Archives