Posts Tagged ‘Add new tag’
Die eerste weergawe van die GlobalGAP register is nou hier beskikbaar. Met hierdie weergawe kan u nog net u Spuitstowwe invoer. Die druk-opsies is nog nie beskikbaar nie.
Installeer hierdie opdatering, asb. Dankie vir almal wat laat weet het van die probleem.
Die nuutste programlêers is onder Downloads opsie bygewerk.
Laat weet asb indien u enige probleme daarmee ondervind.
Onthou! om u program toe te maak VOORDAT u opdaterings doen!
Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop sodat die opdatering ge-installeer kan word.
Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop om die lêer te wys. Copy daardie lêer na u datastel indien slegs die datastel hierdie funksie benodig. Indien al u datastelle op die basis werk, stoor die lêer in agribusiness\data\reports. Oorskryf die bestaande een.
Maak seker dat u program toegemaak is.
Laai die opdatering af en stoor dit op u ‘desktop’. Dubbel-kliek daarop en die lêer sal op die regte plek gestoor word.
U sal nou ‘n opsie ‘Verander’ hê op u werkblad. Kies BTW Periode en gee die nodige sleutelwoord. Hierna sal u die BTW Periode kan verander. Hierdie opsie is net geldig totdat u die werkblad verlaat. Indien u die Periode later weer wil verander, sal u eers die sleutelwoord weer moet verskaf.