Posts Tagged ‘Bank statements’
Die opdatering van 02 Junie 2009 laat u toe om lyne te verwyder VOORDAT u die data pos na die werkblad.
Sommige bankrekeninge laat u nie toe om die datums te kies vir die huidige maand nie. Dit gee in elk geval al die data vir die maand. Met hierdie opdatering kan u dan weer die staat intrek en die data wat ‘gedupliseer’ gaan word, selekteer en Delete. Die seleksie laat u toe om ‘n reeks data te kies deur die shift of ctrl sleutels te gebruik.
Ons stoor u skermuitleg wanneer u die module verlaat. Ongelukkig moet u hierdie lêer verwyder sodat ‘n nuwe een geskep kan word anders gaan die Delete opsie nie werk nie. Gaan na waar die program ge-installeer is (gewoonlik c:\program files\lpf systems\agribusiness) en verwyder die lêer “bankstatements.grd” VOORDAT u die nuwe Bankstate-module gebruik.
Die bankstate module het ‘n opsie onder Vertoon waar u die Geskiednis van die transaksies wat u ingetrek het, kan sien en uitdruk.
Die nuutste module is nou op die Downloads blad beskikbaar (13 Mei 2009 en later). Dit sluit ook die nuutste helplêer in. Read the rest of this entry »
1. Debiteure
Die krediet is bietjie gewysig om die opstelling te vergemaklik. Kyk veral na die kredietperiode en renteperiodes.
Die Rente Berekening is ook bietjie vergemaklik.
Onder Verslae is opsie om Verkope vir die maand te sien en te druk.
2. Voorraad
Opsie is by Groepe ingesit om dit te groepeer. Dit is spesifiek vir die Verkope per Groepe verslag gedoen.
3. Bankstate
Dit ondersteun nou ook die Microsoft Money formate.
F1 werk nou by die intrek van die bankstate. Let daarop dat dit nou die ‘nuwe’ lêer gebruik. Die nuwe naam is bankstate.chm en nie meer 25.Bankstate.chm nie. U kan die nuwe hulplêer onder ‘Documents’ aftrek.
Laai die opdatering hieronder af an dubbel-kliek dan daarop om die opdatering te doen.