Posts Tagged ‘debiteure’
Die allokering van die finansiële periodes vir die Debiteureregister het nie reggewerk indien u die laaste dag van die maand gekies het nie. Enigiets vanaf die 29ste sou ‘n probleem gegee het. Dit is nou met hierdie opdatering reggestel.
Laai die opdatering hier af: Debiteure Opdatering
1. Debiteure
Die krediet is bietjie gewysig om die opstelling te vergemaklik. Kyk veral na die kredietperiode en renteperiodes.
Die Rente Berekening is ook bietjie vergemaklik.
Onder Verslae is opsie om Verkope vir die maand te sien en te druk.
2. Voorraad
Opsie is by Groepe ingesit om dit te groepeer. Dit is spesifiek vir die Verkope per Groepe verslag gedoen.
3. Bankstate
Dit ondersteun nou ook die Microsoft Money formate.
Onder Verslae is daar nou opsie Verkope om u Verkope per Maand Per Voorraad Item, Voorraad Groep of Faktuurbeskrywing te kan sien.
Laai die opdatering hieronder af. Stoor dit op u ‘desktop’ en dubbel-kliek dan daarop sodat die program outomaties opgedateer word.
Onthou! om u program toe te maak VOORDAT u opdaterings doen!
Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop sodat die opdatering ge-installeer kan word.
Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop om die lêer te wys. Copy daardie lêer na u datastel indien slegs die datastel hierdie funksie benodig. Indien al u datastelle op die basis werk, stoor die lêer in agribusiness\data\reports. Oorskryf die bestaande een.