Posts Tagged ‘debtors’

Die allokering van die finansiële periodes vir die Debiteureregister het nie reggewerk indien u die laaste dag van die maand gekies het  nie. Enigiets vanaf die 29ste sou ‘n probleem gegee het. Dit is nou met hierdie opdatering reggestel.

Laai die opdatering hier af: Debiteure Opdatering

Opdatering 2008-11-25

1. Debiteure

Die krediet is bietjie gewysig om die opstelling te vergemaklik. Kyk veral na die kredietperiode en renteperiodes.

Die Rente Berekening is ook bietjie vergemaklik.

Onder Verslae is opsie om Verkope vir die maand te sien en te druk.

2. Voorraad

Opsie is by Groepe ingesit om dit te groepeer. Dit is spesifiek vir die Verkope per Groepe verslag gedoen.

3. Bankstate

Dit ondersteun nou ook die Microsoft Money formate.

Onder Verslae is daar nou opsie Verkope om u Verkope per Maand Per Voorraad Item, Voorraad Groep of Faktuurbeskrywing te kan sien.

Laai die opdatering hieronder af. Stoor dit op u ‘desktop’ en dubbel-kliek dan daarop sodat die program outomaties opgedateer word.

Debiteure – verkope

Onthou! om u program toe te maak VOORDAT u opdaterings doen!

lpfagrib-20081030-1.exe

Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop sodat die opdatering ge-installeer kan word.

debtorsinvoice.zip

Stoor die lêer op u ‘desktop’ en dubbel-kliek daarop om die lêer te wys. Copy daardie lêer na u datastel indien slegs die datastel hierdie funksie benodig. Indien al u datastelle op die basis werk, stoor die lêer in agribusiness\data\reports. Oorskryf die bestaande een.

Search Site
Archives