Posts Tagged ‘diesel’
Die BTW Diesel rabat vir die periode 1/4/2009 tot 31/03/2010 is 1.18. Die koers bly nog 80%.
U kan die rabat byvoeg deur na Opstel\Finansieel\BTW vanaf u hoofmenu te gaan. Kies dan die Diesel geuwel (”tab”). Voeg nou die inligting onder-aan die lys by en kliek op Stoor. U BTW verslag behoort ook nou korrek te werk.
Die Herroep van ‘n staat het verkeerde data verwyder! Indien u NIE ‘n staatnommer gespesifiseer het nie, sou dit al die transaksies op die werkblad wat NIE ‘n staatnommer het nie, verwyder het. Dit kon katestrofies gewees het as u nie rugsteun van u data het nie.
Die program is aangepas dat u nie die herroep opsie kan gebruik indien u nie ‘n staatnommer ingesleutel het nie. Laai die nuutste bateregister module by die Downloads afdeling af en dubbel-kliek op die lêer om die program aan te pas.
Dank aan Sumarna van Robyn/Rooihoogte in Citrusdal wat ons daarop gewys het.
Vraag:
“As ek BTW opgawe wil druk sê dit dat die diesel rabat nie ingevul is nie. Ek het dit al gaan verander by BTW opstel – diesel. Maar dit bly daar.”
Antwoord:
Read the rest of this entry »